fbpx
Vryheidsfront Plus

Feestyd in Emfuleni dalk in donker en sonder water

Die administrateurspan van die Emfuleni-plaaslike munisipalitiet (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se net van vernietiging span al hoe stywer na Randwater se besluit om watervoorsiening aan dié dorpe met 20% te sny en die nasionale kragvoorsiener se suksesvolle beslagleggingsbevel op een van die munisipaliteit se rekeninge.

Hoogliggende gebiede soos Everton en Everton-suid is reeds beïnvloed met min of geen water wat deur die krane vloei. Nog ‘n gebied wat in gedrang is, is Drie Riviere wat vir meer as ‘n maand sonder elektrisiteit was weens die vervanging van verouderde kabels.

Die VF Plus het reeds die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, versoek om die hoofadministrateur van Emfuleni, Willi Billa, en sy span te vervang met ‘n meer bekwame groep administrateurs. Die party gaan druk op die LUR plaas om die stap uit te voer.

Die Emfuleni-munisipaliteit skuld Eskom R2.8 miljard wat die elektriese infrastruktuur van R2.2 miljoen ver oorskry. Emfuleni het die afgelope drie jaar reeds vier afbetalingsooreenkomste met Eskom aangegaan, maar het versuim om dit na te kom.

Die munisipaliteit se geldprobleme het in November verder versleg toe een van sy diensverskaffers, die Chinese maatskappy Beijing Fuxing Xiao Cheng Electronic Tegnology Stock Co Limited JV Ole Power Systems (BFX-OLE), regmatig R476 miljoen uit een van die munisipaliteit se rekeninge onttrek het. Die maatskappy het slimwater- en elektrisiteitsmeters aan die munisipaliteit verskaf. Die Gautengse hooggeregshof het in ‘n teenaansoek deur die munisipaliteit op 7 Desember BFX-OLE opdrag gegee om die geld binne tien dae terug te betaal. Dit het nog nie gebeur nie.

Die administrateurs se ondeurdagte besluite lei nou tot desperate pogings van die administrateur om kontantvloei te herstel deur die raad te vra om geld wat geoormerk is vir dienslewering, vir salarisse aan te wend. Die VF Plus het die voorstel teengestaan omdat geen toekennings volgens die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur vir salarisse gebruik mag word nie. ‘n Totaal van 2 438 personeellede word hierdeur geraak en ‘n bedrag van R112 miljoen word benodig om salarisse te betaal.

Die VF Plus het die Emfuleni-munisipaliteit herhaaldelik in die verlede gewaarsku teen onreëlmatige uitgawes en ondeurdagte besluite wat die munisipaliteit in totale bankrotskap kan dompel.

Die Gautengse regering se besluit om Emfuleni onder gedeeltelike administrasie te plaas, het nie die situasie verbeter nie, maar eerder verder versleg.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.