Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni se kortingproses aan inwoners met agterstallige diensterekening gaan te lank neem

Die VF Plus neem kennis van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se besluit om 50%-korting toe te staan aan mense met agterstallige diensterekeninge, maar twyfel of dit prakties uitvoerbaar is weens die lang keuringsproses.

Die munisipaliteit het tydens sy jongste vergadering die voorstel goedgekeur waar mense met agterstallige diensterekeninge om korting aansoek kan doen.

Die Emfuleni-munisipaliteit se krediteureboek het die afgelope jaar vanaf R4 miljard na R11 miljard gegroei en daarom het die munisipaliteit geen ander keuse om van historiese skuld ontslae te raak nie.

Die VF Plus is van mening dat die gepaardgaande aansoekproses te lank en uitgerek is en die raad ‘n alternatief moet oorweeg.

‘n Keuringskomitee moet eers gestig word wat elke drie maande vergader om al die aansoeke te keur. Gedurende die tydperk kan skuld vermeerder en daarom sal die party wil sien dat die komitee meer gereeld vergader.

Suksesvolle aansoekers het ‘n jaar tyd om die oorblywende 50% skuld te vereffen. Indien die persoon sou nalaat om gedurende dié periode die ooreengekome maandelikse bedrag te betaal of die agterstallige skuld nie binne twaalf maande afbetaal nie, is hy vir die totale uitstaande bedrag verantwoordelik.

Hierdie noodsaaklike toegewing is ‘n goeie voorbeeld van ‘n munisipaliteit wat jare lank wanbestuur is en deur die Gautengse regering onder gedeeltelike administrasie geplaas is.

In stede daarvan om deur die jare streng kredietbeheer toe te pas en inwoners te dwing om hul diensterekeninge te betaal, moet die munisipaliteit nou noodgedwonge van uitsonderlike metodes gebruik maak om sy boeke te probeer balanseer.

Die kultuur van nie-betaling vir dienste is ‘n ANC-skepping en is buiten die wanaanwending van fondse en korrupsie, ‘n groot oorsaak vir die finansiële verknorsing waarin Emfuleni hom bevind.

Die enigste manier hoe om Emfuleni van totale ondergang te red, is vir inwoners om met die komende plaaslike regering saam met die VF Plus op te staan en van die ANC ontslae te raak.

Navrae: 076 616 2124

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.