Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni-burgemeester verkoop drome, maar dienslewering bly die toets

Die munisipale rede van die burgemeester van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, Hassan Mako, was vol beloftes van ’n nuwe ekonomiese stad, ’n studentedorp en selfs ’n lughawe.

Die VF Plus vra egter hoe ’n munisipaliteit wat sukkel om basiese dienste te lewer, hierdie projekte gaan uitvoer.

Die sogenaamde “Nuwe Vaal”-projek word aangebied as ’n groot ekonomiese reddingsplan wat ’n internasionale lughawe, ’n studente-dorp, ’n landbouhub en ’n spesiale ekonomiese sone insluit.

Dit klink indrukwekkend, maar die projek het tans geen duidelike befondsing of realistiese tydlyne nie. Sonder finansiële stabiliteit en basiese dienslewering bly dit ’n politieke belofte eerder as ’n uitvoerbare plan.

Die werklikheid is dat Emfuleni van maand tot maand sukkel om groot diensverskaffers en kontrakteurs te betaal.

Die aankondiging oor die R3,8 miljard Eskom-skuldverligting moet ook nie as ’n “nuwe” bron van geld aan inwoners voorgehou word nie. Skuldverligting is aan streng voorwaardes en finansiële hervormings gekoppel.

,,Die ware toets lê daarin of Emfuleni sy finansies kan stabiliseer, skuld kan bestuur, inkomste kan verhoog en verdere verval kan keer.

Mako moet ophou om skuldverligting as ’n politieke oorwinning te verkoop en eerder verduidelik watter werklike voordeel dit vir dienslewering gaan bring.

Die belofte dat korrupsie en wanbestuur nou ’n prioriteit is, word ook bevraagteken. Die party wil weet hoeveel geld reeds verhaal is, hoeveel dissiplinêre sake afgehandel is, hoeveel amptenare aanspreeklik gehou is, hoeveel onreëlmatige kontrakte beëindig is, en hoeveel geld gaan jaarliks verlore deur vermorsing en swak beheer?

Die VF Plus se boodskap aan die burgemeester is eenvoudig: red eers Emfuleni, bou daarna aan die toekoms.

Die VF Plus se prioriteite is:
• Herstel finansies
• Stop vermorsing en korrupsie
• Verbeter inkomste-invordering
• Verminder water- en elektrisiteitsverliese
• Herstel water- en rioolinfrastruktuur
• Onderhou bestaande paaie en infrastruktuur
• Herstel vertroue tussen munisipaliteit, inwoners en besighede
• Skep daarna ’n volhoubare platform vir groei en belegging

Dit is nou die VF Plus se tyd – tyd om Emfuleni anders te bestuur. Stem op 4 November vir die VF Plus wat dienslewering eerste stel en dan aan die toekoms bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.