Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

eMalahleni-munisipaliteit (Witbank) verbind tot VF Plus se opruimingsveldtog

Die Vryheidsfront Plus het op 16 Januarie 2020, met die steun van private sake-ondernemings begin met die skoonmaak van die 5,5 ha munisipale park in Wyk 18, Witbank. Die party het ook die eMalahleni-plaaslike munisipaliteit genader om te help met die opruiming.

Die eMalahleni-munisipaliteit het sy trekkers, grassnyers en selfs hul laaigraaf (TLB) beskikbaar gestel om die dreinering van die gebied te verbeter. Die munisipaliteit het hom ook daartoe verbind om die slaggate in die onmiddellike omgewing op versoek van die party en sy plaaslike takvoorsitter, Sharon Schlagter, wat die projek geïnisieer het, te herstel.

Verslae en klagtes het aangedui dat misdadige elemente hierdie munisipale park bewoon en vir hul aktiwiteite misbruik.

Die VF Plus sal met die hulp van plaaslike sake-ondernemings, verenigings en die eMalahleni-munisipaliteit daarna streef om voort te bou om die omstandighede in Witbank te verbeter.

Die inwoners van Witbank benodig 'n politieke party wat hul belange weer bo-aan die prioriteitslys sal plaas. ‘n Politieke party wat teen die ondoeltreffende implementering van wetgewing kan veg en sal probeer om die beste moontlike omgewing vir die inwoners te skep en te onderhou.

Die VF Plus sal voortdurend daarna streef om die inwoners van Witbank te dien en hul belange eerste te stel.

 

‪072 885 3966‬ / ‪082 887 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.