Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni se petisiesisteem laat inwoners in die steek

Die petisiestelsel van die Ekurhuleni-metro, wat veronderstel is om inwoners ’n formele stem te gee oor diensleweringsprobleme, het in die praktyk ’n blote afmerkoefening geword.

Honderde inwoners wag steeds op antwoorde en optrede, terwyl hul petisies eenvoudig in die stelsel verdwyn.

Die jongste wykskomiteeverslag vir die vierde kwartaal (April tot Junie) bevestig hierdie mislukking. Groot getalle uitstaande diensleweringskwessies is aangemeld, maar vorderingsverslae en antwoorde ontbreek.

Selfs die metro se eie prestasie-inligting erken dat die openbare deelname- en petisiesproses die laagste gemiddelde prestasie in vyf jaar aangeteken het – slegs 30%.

Die statistiek is skokkend. Gedurende die 2025/26-finansiële jaar is 275 petisies ingedien. Net 26 is opgelos, terwyl 249 steeds uitstaande is en by die agterstand van vorige jare gevoeg is.

’n Petisie is nie bedoel om ’n stuk papier te wees wat in ’n lêer verdwyn nie. Dit is een van die belangrikste meganismes waarmee inwoners formeel kan aandring op oplossings vir onopgeloste diensleweringskwessies.

Inwoners bestee tyd en moeite om kwessies via wykskomitees, openbare vergaderings en formele petisies aan te meld. Hulle het die reg om te weet wat met daardie sake gebeur.

Die VF Plus glo dat die nuwe raad ná die plaaslike regeringsverkiesing die bestuur van petisies fundamenteel moet hervorm.

Elke petisie moet van indiening tot finalisering opgespoor kan word, met duidelike omkeertye, gereelde terugvoer aan komitees of individue en werklike aanspreeklikheid waar departemente tans eenvoudig nie reageer nie.

Openbare deelname kan nie eindig wanneer ’n inwoner ’n petisie teken nie. Dit moet die begin wees van ’n proses wat tot tasbare oplossings lei.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.