fbpx
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni begin eersdaags met samestelling van nuwe eiendomswaardasierol

Die geldigheidstydperk van die Ekurhuleni-metro se huidige eiendomswaardasierol eindig op 30 Junie waarna die metro met die samestelling van ʼn nuwe waardasierol sal begin.

Die VF Plus versoek inwoners van Ekurhuleni om, indien hulle kennisgewing van ʼn nuwe waardasie op hul eiendomme ontvang, dit noukeurig na te gaan.

Die nuwe waardasierol sal vanaf 1 Julie 2025 in werking gestel word. Dit sal tot 30 Junie 2029 geldig wees.

Die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting bepaal dat die datum vir die nuwe waardasierol nie meer as twaalf maande voor die aanvang van die nuwe finansiële jaar mag wees nie.

Die VF Plus het ná die aankondiging vir die samestelling van ʼn nuwe waardasierol dit duidelik gestel dat verhogings realisties moet wees sonder om inwoners uit te buit en hulle nog verder onder finansiële druk te plaas.

Die VF Plus sal die situasie dophou om toe te sien dat die proses regverdig verloop. Die samestelling van die vorige waardasierol het gelei tot duisende klagtes wat in ʼn administratiewe nagmerrie ontaard het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.