Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekonomiese groei en behuising in Suid-Afrika hou nie tred met bevolkingsaanwas: Parlementêre begrotingsdebat: Menslike nedersettings

Almal in Suid-Afrika verdien menswaardigheid, ‘n leefbare woonplek en kos op die tafel. Die waarheid is egter dat die land se ekonomiese groeikoers van minder as 1% nie tred hou met die snelle bevolkingsaanwas van 1,5% nie en tot dit nie verander nie, sal daar werkloosheid en armoede wees.

Aan die ander kant is daar mense wat wel ‘n blyplek kan bekostig, maar dan maak die geredelike beskikbaarheid daarvan dit weer onmoontlik.

Daar is baie oorsake vir die behuisingstekort in die land. Een is onwettige immigrasie. Mense stroom ongebreideld oor die land se grense. Korrupsie is ‘n groot probleem. Miljarde rande wat vir behuising aangewend kon word, het verlore gegaan. Net so het die verlies aan kundigheid ‘n groot rol gespeel.

Die behuisingsprobleem gaan boonop snel vererger, veral weens die ontvolking van die platteland weens ‘n tekort aan werk. Mense stroom na die stede in die hoop om ‘n werk te kry.

Administratiewe en burokratiese rompslomp vererger die probleem. Om baie dorpe en stede is duisende hektaar grond wat aangewend kan word vir behuising, maar faktore soos die hersonering tot residensiële eiendom, kan jare duur terwyl daar ‘n erge behuisingskrisis is.

Dit lei daartoe dat mense opsetlik grond beset in die hoop dat dienste gelewer sal word en hulle sodoende gevestig kan raak.

Die behuisingstekort is ‘n ramp wat op Suid-Afrika afstuur. Baie faktore werk hand aan hand soos beleggersvertroue, ekonomiese groei, instroming en ‘n sinvolle bevolkingsaanwas. Indien hieraan gewerk word, is daar wel hoop vir die land. Pessimisme gaan die probleem nie oplos nie.

Kontaknommer: 072 428 6103

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.