fbpx
Vryheidsfront Plus

Eiendom en sake-ondernemings in Gauteng moet beskerm word

Die VF Plus in Gauteng doen ‘n dringende beroep op die polisie en LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, om sake-ondernemings te beskerm teen toenemende plundery.

Die polisie en weermag kan ook nie langer toekyk terwyl misdadigers winkels wat tydens die inperkingstyd gesluit is, plunder en besteel nie.

Die landwye afsondering het mense in hongersnood gedompel wat in desperaatheid omgesit word. Die situasie skep ook ‘n geleentheid vir georganiseerde misdadigers om munt hieruit te slaan.

Die regering moet alle maatreëls instel om wet en orde in Gauteng te handhaaf. Die onwilligheid om op te tree, skep ‘n gevaarlike presedent en hits gemeenskappe aan tot plundery.

Die VF Plus is oortuig plundery gaan toeneem na gelang van desperate arm mense wat reeds voor die inperking onder die broodlyn lewe.

Gauteng huisves ‘n groot hoeveelheid ongedokumenteerde buitelanders wat nie toegang tot enige vorm van hulpfondse of ‘n geleentheid het om aansoek te doen om voedselhulp nie. Dit skep ‘n gevaarsituasie vir wetsgehoorsame burgers en sake-ondernemers.

Enkele voorbeelde oor hoe plundering en diefstal floreer, is die toename in kabeldiefstal, vandalisme en onwettige elektriese verbindings. Die kragverskaffer City Power het sedert die inperking meer as 25 mense in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.

Verlede week het tien gewapende rowers toegeslaan op Makro in Highveld, Centurion, waartydens veiligheidswagte oorval is.

Die polisie het ‘n plig om ondernemings te beskerm wat gedwing word om tydens die staat van inperking hul deure gesluit te hou.

Kontaknommer: 066 010 1066

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.