Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

EFF-optog straffeloos onder leiding van die polisie

Terwyl die huidige inperkingsmaatreëls bepaal dat slegs eenhonderd mense in die buitelug mag vergader, het sowat 1 500 mense vandag deelgeneem aan ‘n EFF-optog vanaf Gandhipark na die polisiekantoor in Phoenix in KwaZulu-Natal terwyl die polisie hulle boonop begelei het.

Dit is onaanvaarbaar dat die polisie nie ’n vinger verroer terwyl inperkingsmaatreëls onder leiding van die polisie verontagsaam word nie.

Dit is hierdie soort optrede waar mense sien dat hulle straffeloos kan wegkom met die oortreding van regulasies wat wetteloosheid aanstig.

Die VF Plus sal hierdie saak opvolg in die parlement en die minister van polisie, Bheki Cele, sal moet verduidelik waarom mense in sommige gevalle nie in hegtenis geneem word nie terwyl daar in ander gevalle wel opgetree word.

Die polisie se uitsprake dat wet en orde behoorlik toegepas sal word, veral ná die grootskaalse geweldpleging etlike weke gelede, is duidelik net lippetaal.

Vandag se gebeure maak dit duidelik dat die polisie magteloos is en eerder met die massas saamwerk om die wet te oortree.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.