Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dreigende waterkrisis by Gerhard Minnebron suksesvol afgeweer

Die VF Plus verwelkom die aankondiging van Sunshine Mineral Reserves (Sunshine), dat die maatskappy sy aansoek om prospektering in die ekologies sensitiewe area van Gerhard Minnebron by Potchefstroom, terugtrek.

Die aankondiging volg op ‘n intensiewe gemeenskapsveldtog die afgelope twee weke waarin die VF Plus, inwoners en ander belangegroepe in Potchefstroom saamgestaan en as geraakte partye hul protes teen die voorgenome prospektering van Sunshine uitgespreek het.

Die VF Plus het vroeër uitgewys dat Gerhard Minnebron, ‘n natuurlike oog wat sowat 73% van Potchefstroom se water voorsien, vernietig kan word weens besoedeling met swaarmetale as die grondstruktuur enigsins in die omgewing versteur word.

‘n Groot deel van die plaaslike landbougemeenskap se watervoorsiening is ook deur die voorgenome mynaktiwiteite bedreig. Met die groot rol van die plaaslike landbou-ekonomie in werkskepping en ekonomiese ontwikkeling in Potchefstroom, sou mynontwikkeling in die gebied katastrofiese gevolge vir die hele gemeenskap ingehou het.

Die VF Plus bedank alle inwoners en gemeenskapsorganisasies wat die veldtog ondersteun het.

Die sukses van die veldtog is weereens ‘n bewys van die krag van gemeenskappe wat saamstaan en tydig en doeltreffend optree om die bewaring van skaars natuurlike hulpbronne te verseker.

Die VF Plus sal ook voortgaan om waaksaam te wees om te voorkom dat die land se natuurlike hulpbronne deur onoordeelkundige myn- en ander ontwikkelings in gevaar gestel word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.