fbpx
Vryheidsfront Plus

Cele se wangedrag ‘n skande

Die wyse waarop die minister van polisie, Bheki Cele, gereageer het nadat mnr. Ian Cameron van die organisasie Action Society tydens ‘n gemeenskapsvergadering vrae oor misdaad aan hom gestel het, is onaanvaarbaar en skandalig.

Dit is tekenend daarvan dat Cele beheer verloor oor homself, die polisie en die bestryding van misdaad.

Ongeag van die feit of daar moeilike of ongemaklike vrae gestel word, moet veral ‘n minister van polisie gedissiplineerd kan optree juis om ‘n voorbeeld te stel oor hoe daar in sekere situasies opgetree moet word.

Minister Cele is nie net aan die mense van Guguletu en aan mnr. Cameron ‘n verskoning skuldig nie, maar ook aan die mense van Suid-Afrika.

Ek sal hierdie saak by die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie laat bespreek.

Hierdie gedrag van ‘n minister wat beheer verloor voor ‘n gemeenskap waar misdaad ernstig aangespreek moet word, kan nie geduld word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.