fbpx
Vryheidsfront Plus

Departement van Behuising onderspandeer met R980 miljoen

Tydens 'n sitting van die behuisingskomitee gister in die Gauteng Wetgewer, het skokkende nuus die komitee geruk nadat daar verslag gedoen is dat die Departement van Behuising in Gauteng onderspandeer het met die enorme bedrag van R980 miljoen tydens die 2015/16 boekjaar.

Die VF Plus se LPW in die Gauteng wetgewer, mnr Philip van Staden, het tydens hierdie sitting hewig gereageer op hierdie ontstellende nuus. Hy het die komitee daarop gewys dat daar reeds 'n enorme behuisingskrisis in Gauteng bestaan en dat hierdie inligting eintlik die groot rede vir die agterstand in Gauteng is.

"Voorsitter nou verstaan ons eintlik wat aan die gang is in hierdie provinsie. Dit kan en mag nie geduld word nie. Terwyl miljoene mense in Gauteng nie huise het om in te woon nie en terwyl daar jaar na jaar deur die ANC in Gauteng aangekondig word dat die behuisingskrisis voor 2019 heeltemal opgelos gaan wees, wat die VF Plus se vermoede van 2015 bevestig het dat dit nie gaan plaasvind nie, is die departement nogtans so laks om hierdie enorme bedrag te onderspandeer".

"Dit is duidelik dat hierdie departement van behuising glad nie presteer nie. Nie net onderspandeer die department nie, maar daar word kontrakteurs aangestel wat nie ordentlike werk kan lewer nie en dit is hoekom ons moet hoor dat huise wat wel gebou word uitmekaar uit val," het Van Staden gesê.

Die VF Plus is van mening dat die sambok nou behoorlik ingelê moet word deur die komitee onder die nuwe LUR, Paul Mashatile en sy betrokke departement. Hierdie skokkende nuus het ook gesorg dat die regerende party se lede op die komitee ook hewig hieroor uitgevaar het.

"Die provinsie brand en die departement doen nie hulle werk nie! Dit is totaal en al onaanvaarbaar en hierdie komitee moet die LUR hiervoor verantwoordelik hou. Al is hy 'n nuwe LUR moet hy kom verduidelik wat hier aangaan."

Die VF Plus gaan hierdie saak dringend met die Premier opneem.

 

Tel: 0840154722 of 011-498 5477

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.