Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Debat in parlement: ANC het die finansiële krisis in Suid-Afrika veroorsaak

Die ekonomiese krisis in Suid-Afrika en bydraende faktore soos plundering en korrupsie, het nie uit die lug geval nie. Dit is ook nie deur apartheid veroorsaak nie, maar deur die ANC-regering self wat nie omgee vir die mense van die land nie, maar net na homself omsien.

Solank as wat regeringsdepartemente se onreëlmatige uitgawes toeneem, sal daar nie fiskale dissipline in die land kan wees nie. Dié uitgawes het in die afgelope finansiële jaar gegroei tot R50 miljard.

Onreëlmatige uitgawes by staatsbeheerde ondernemings plaas net so ‘n groot las op die fiskus met uitgawes wat vyfvoudig tot R27 miljard toegeneem het in dié tydperk. Vrugtelose en verkwiste uitgawes onder die ANC-regering het in die laaste finansiële jaar met 200% toegeneem.

Die inkomstediens word wanbestuur en gestroop deur mense wat die regering daar geplaas het en staatskuld het nou al ‘n ongekende vlak van sowat R3 biljoen bereik. Met ‘n onverantwoordelike regering wat dit toelaat, sal fiskale dissipline nooit bereik kan word nie.

Fiskale dissipline sal ook net ‘n droom bly so lank as wat staatsbeheerde ondernemings gered moet word met die een reddingsboei na die ander. Die geld wat in hierdie bodemlose put gestort word, is swaarverdiende belasting-geld.

Die regering is meer besorg oor die behoud van ‘n lugredery as oor die werkloses en armes van die land. ‘n Redery wat miljarde rande mors beteken niks vir behoeftige mense nie. Suid-Afrika sal nie vooruitstrewend raak solank as wat regeringsdepartemente in duie stort nie.

Al het die minister van finansies ‘n ekonomiese herstelplan aangekondig, sal dit nie in werking gestel en uitgevoer kan word deur ‘n mislukte regering en korrupte amptenare nie.

Suid-Afrika se ekonomie sal die kreeftegang bly gaan solank as wat die ANC regeer. Die ekonomie sal eers weer groei onder ‘n nuwe, verantwoordelike regering waarvan die VF Plus deel sal wees.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.