fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

De Lille verloën haar kiesers

Net soos die Nuwe Nasionale Party ‘n ‘Kortbroek’-figuur gehad het wat die einde van sy party veroorsaak het deur inkorporering by die ANC, net so het die Good-party nou sy eie “Kortrok’ wat ook die einde van dié party gaan beteken.

Patricia de Lille, nuwe minister van openbare werke en infrastruktuur, het die bruin kiesers wat vir haar gestem het, uitverkoop ter wille van ‘n pos by die ANC.

Die vraag kan met reg gevra word of die ANC hierdie skuif met haar onderhandel het terwyl sy as leier van Good aan die verkiesingsveldtog deelgeneem het. Indien wel, is sy ‘n verduideliking verskuldig aan elke persoon wat Good met hul stem vertrou het.

Hierdie optrede van De Lille volg presies dieselfde patroon soos met haar vorige party, die Onafhanklike Demokrate (OD), wat gevorm is nadat sy in 2003 van die PAC weggebreek het.

Die OD het kort daarna ook van die toneel verdwyn het toe De Lille, net soos nou, haar party opgeoffer het vir ‘n hoë pos by die Demokratiese Alliansie (DA).

Kiesers wat in die pas afgelope verkiesing vir Good gestem het, het dit juis gedoen omdat hulle ‘n politieke tuiste wou hê waar die bruines as minderheid in die besonder ‘n stem sou hê om hul belange te verdedig teen verdrukking van die meerderheid van die ANC-regering.

De Lille het nou, net soos met die OD, net die teenoorgestelde gedoen en hierdie vertroue in haar verloën deur ‘n kabinetspos by die meerderheidsparty te aanvaar waar onteiening sonder vergoeding ook deur haar departement gedryf sal moet word en waar minderhede totaal op die agtergrond geskuif word wat werkgeleenthede, taal en moedertaal-onderrig aanbetref.

Die kiesers moet hiervan kennis neem, asook van die feit dat hul enigste alternatief nou die VF Plus is wat reeds ‘n tuiste bied aan al die minderhede van Suid-Afrika.

Kontaknommers: 082 907 9177 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.