fbpx
Vryheidsfront Plus

DA en EFF se nuwe beplande mosie om van Zuma ontslae te raak, kan teenoorgestelde uitwerking hê

Hoewel die VF Plus die verwydering van pres. Jacob Zuma as staatshoof van die land steun, is die versoek van die DA en die EFF aan die speaker om nog ‘n mosie van wantroue in die president te stel voor die staatsrede, voortydig en opportunisties, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê dit kan tewens die teenoorgestelde uitwerking hê en daartoe meewerk dat pres. Zuma se posisie verstewig aangesien geen politieke party sal toelaat dat ander partye namens hom sulke belangrike besluite neem nie.

“Die ANC moet sy huis in orde kry en self besluit wanneer en hoe hy van die president ontslae gaan raak. Die optrede van die DA en die EFF dra nie by tot die verwydering van pres. Zuma nie.

“Hul optrede sal eerder die ANC verenig aangesien geen politieke party sal toelaat dat ‘n ander party van sy regerende president ontslae sal raak nie. Dit is al bewys in die afgelope agt mosies van wantroue teen pres. Zuma.

“Die DA self het in die metroraad van Kaapstad, ten spyte van die feit dat hy van sy burgemeester Patricia De Lille ontslae wil raak, om dieselfde redes nie ‘n mosie van die ANC daaroor gesteun nie.

“Indien die DA en EFF ernstig is om van Zuma ontslae te raak, moet hulle nie met nog mosies van wantroue kom nie, maar die ANC toelaat om self op te tree en te besluit hoe hulle dit wil doen.

“Dié optrede van die DA en die EFF kan selfs die indruk skep dat hulle eintlik wil seker maak pres. Zuma bly wel aan as president aangesien dit in die 2019-verkiesing tot hul voordeel sal strek,” sê dr. Groenewald.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.