fbpx
Vryheidsfront Plus

Esidimeni: Nog skokkende onthullings

Uit getuienis wat gister in die Esidimeni-arbitrasieverhoor verhoor gelewer is, blyk dit dat nie net growwe nalatigheid nie, maar ook bedrog ‘n groot rol in die tragedie gespeel het, sê Philip van Staden, VF Plus-raadslid in die Gautengse wetgewer.

Hy sê uit die getuienis en ondervraging van Gauteng se LUR van finansies, me. Barbara Creecy, het dit aan die lig gekom dat die departement van gesondheid gedurende die 2016/17-finansiële jaar, oor ‘n tydperk van slegs tien maande, ‘n bedrag van R60 miljoen aan ‘n enkele prokureur betaal het.

“Dit kom neer op ‘n skokkende R6 miljoen per maand en ‘n enorme R300 000 per dag. Creecy het nie eers probeer om hierdie uitgawe te regverdig nie.

“In nog ‘n skokkende onthulling is Creecy ook daarop gewys dat R13 miljoen in twaalf weke aan konsultante betaal is vir ‘konsultasiewerk’ by die Chris Baragwanath-hospitaal.

“Precious Angels se besturende direkteur, Ethel Mncube, het vroeër in die verhoor ook getuig dat dié organisasie geen betaling van die departement ontvang het om na die psigiatriese pasiënte om te sien nie. Creecy het egter getuig dat Precious Angels wel ‘n bedrag van R1 miljoen ontvang het.

“Uit bostaande is dit duidelik dat bedrog ‘n groot rol in die Esidimeni-tragedie gespeel het. Dit is skokkend en bloot nog ‘n bewys hoe endemies korrupsie en bedrog onder die ANC-regering op alle vlakke in Suid-Afrika geraak het,” sê Van Staden.

Kontakbesonderhede: 084 015 4722

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.