fbpx
Vryheidsfront Plus

Beweerde geheime regeringsverslag oor gratis hoër onderwys moet bekend gemaak word

Die VF Plus het vandag ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting gevra dat ‘n verslag oor die haalbaarheid van gratis naskoolse onderwys, wat luidens ‘n mediaberig in die besit van dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys is, bekend gemaak word.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor hoër onderwys, sê luidens ‘n berig in die Mail & Guardian het die minister reeds in 2010 ‘n werkgroep aangestel om die moontlikheid van gratis hoër onderwys te ondersoek.

Die verslag is glo in 2012 voltooi en is in Desember van daardie jaar aan minister Nzimande oorhandig. Van die akademici wat gehelp het met die opstel van die verslag, sê luidens die berig dat die verslag dit duidelik maak dat gratis hoër onderwys wel haalbaar is.

Adv. Alberts sê die VF Plus wil die verslag om die volgende redes hê:

Adv. Alberts sê die VF Plus wil dit benadruk dat indien gratis onderrig ‘n werklikheid word, dit nie ‘n gerieflike paspoort na geldvermorsing en onderprestering moet wees nie.

“Daar moet streng riglyne en kriteria in plek wees sodat studente deeglik moet besef hulle gaan nie toegelaat word om die belastingbetaler se geld te mors nie. Daar moet onder meer gereelde en deeglike assessering plaasvind tesame met ‘n afsnypunt waar ‘n student duidelik onderpresteer.

“Ons wil dit duidelik maak prestasie die enigste maatstaf moet wees,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.