Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Begrotingsposdebat in Gautengse wetgewer: Gemeenskapsveiligheid – Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid stel teleur

Met 4500 siviele eise teen die polisie in Gauteng, 139 verlore dienswapens en met slegs 38% van polisie-beamptes wat hul bevoegdheid-skietkursus geslaag het, kan die inwoners van Gauteng nie die departement vir gemeenskapsveiligheid ernstig opneem of vertrou nie.

Suid-Afrika en Gauteng is aan die brand. Die redes daarvoor is legio en is ‘n debat op sy eie.

Die begroting van die Gautengse departement vir gemeenskapsveiligheid is betekenisloos as beamptes onbevoeg is en strukture deurtrek is met korrupsie.

Onwettige grondgrype en plaasaanvalle is aan die toeneem in Gauteng en die ANC-regering het geen oplossing daarvoor nie. In Lenasia en Hekpoort is onskuldige mense in die spervuur weens opportunistiese beloftes van die ANC.

Die Johannesburgse metropolisiediens wat veronderstel is om die publiek te dien en te beskerm, intimideer en teister eerder die publiek.

Die VF Plus sal nie toekyk hoe gemeenskappe se grondwetlike reg om in ‘n veilige omgewing te woon te werk, vertrap word deur korrupte veiligheidsbeamptes nie.

Kontaknommer: 066 010 1066

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.