fbpx
Vryheidsfront Plus

Balju vat Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se rekenaars

Verskeie werksaamhede van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het eergister (9 September) tot stilstand gekom toe die balju beslag gelê het op rekenaars van die munisipaliteit. 

Die diensverskaffer-maatskappy wat dié dienste aan die munisipaliteit lewer, is maar een van vele diensverskaffers wie se kontrakte nie nagekom is nie.

Een van die belangrikste afdelings in die munisipaliteit, die krediteure-afdeling, is lamgelê nadat ook sy rekenaars met belangrike data verwyder is.

Hierdie is nie die eerste keer dat Emfuleni versuim om sy diensverskaffers te betaal nie. Verlede jaar het die balju verskeie kere op die munisipaliteit toegeslaan en beslag op goedere gelê. Selfs die vullisverwyderingstrokke is verwyder.

Hierdie is nogmaals ‘n bewys van hoe diep die ANC Emfuleni in die skuld gedompel het en van sy onvermoë om ‘n stad of dorp effektief te bestuur.

Kontaknommer: 076 616 2124

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.