fbpx
Vryheidsfront Plus

Appèlhof-uitspraak oor Unisa en Afrikaans: Teregwysing vir minister Nzimande

Die Appèlhof se uitspraak, dat Unisa se besluit om Afrikaans as taal van onderrig te beëindig ongrondwetlik en onwettig was, is 'n duidelike teregwysing vir die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande. Nzimande het herhaaldelik op parlementêre vrae van die VF Plus verklaar dat Afrikaanse onderrig 'n metode van uitsluiting aan universiteite is. 

Nzimande het telkens na hofuitsprake oor die taalbeleide van die Universiteite van Stellenbosch en die Vrystaat verwys as aanduiding dat sy departement se eentaalbeleid grondwetlik is. Hierdie uitsprake het antwoorde oor hoe die vermindering van tale groter insluiting bewerkstellig. Dit lyk ook of die aksie teen Afrikaans gebruik word om die versuim te verberg om ander Afrika-tale te ontwikkel.

Aangesien hierdie uitspraak uiters belangrik is, gaan die VF Plus dit vergelyk met die uitsprake oor Stellenbosch en die Vrystaat se taalbeleide. Meer in-diepte reaksie kan verwag word.

AfriForum, wat die saak hof toe geneem het, verdien gelukwense met hierdie oorwinning.

Navrae: ‪074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.