fbpx
Vryheidsfront Plus

Antwoorde op geskrewe parlementêre vrae ontbloot minister Motshekga se gebrekkige kennis oor wat in haar departement aangaan

Nadat die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, einde verlede jaar onderneem het om antwoorde te verskaf op parlementêre vrae van die VF Plus oor die Gautengse onderwysdepartement, het sy nou omgeswaai en gesê die antwoorde moet van die Gautengse departement self verkry word.

Die vrae was onder meer oor die aantal skooldistrikte en skole in Gauteng, en oor die aanslag op Afrikaans by die skole. (Vrae en antwoord aangeheg).

Dit is jammer dat die minister die vrae op hierdie wyse probeer omseil. Dit dui ook daarop dat sy nie op hoogte is van wat in haar provinsies gebeur nie, veral in Gauteng waar intimidasie van die LUR Panyaza Lesufi en sy departement omstrede is, soos bewys is met die voorval van geweld en intimidasie by die Hoërskool Overvaal.

As nasionale minister moet sy ‘n rekord hê van die aantal skole in die land in elke provinsie, hoeveel gebou gaan word en hoeveel weens nalatigheid en swak bestuur weliswaar nie gebou is nie sodat sy kan intree in die verband. Kennelik stel sy nie belang om haar verantwoordelikheid in die verband na te kom nie.

Sy en ander ANC-parlementslede het aggressief teenoor die VF Plus gereageer tydens die begrotingsdebat oor basiese onderwys toe ek verwys het na Lesufi se nalatigheid om nuwe skole te bou in stryd met sy begroting en sy aanvalle op Afrikaanse skole, wat daarop dui dat sy nie erns het oor die bou van nog skole om moedertaalonderrig moontlik te maak nie.

Die afleiding hieruit is dat die minister bereid is Lesufi te beskerm. Dis duidelik dat sy die VF Plus mislei het en ons tyd gemors het, aangesien ons die inligting vroeër wel by die provinsiale departement kon aanvra.

Die VF Plus gaan 'n skrywe in die verband aan die Speaker rig om formeel teen die minister se optrede beswaar aan te teken.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

NATIONAL ASSEMBLY

WRITTEN REPLY

QUESTION 1315

DATE OF PUBLICATION OF INTERNAL QUESTION PAPER: 04/05/2018
INTERNAL QUESTION PAPER: 14/2018
1315. Adv A de W Alberts (FF Plus) to ask the Minister of Basic Education:

(1) With reference to her reply to question 3602 on 1 December 2017, what is the total number of (a)(i) school districts and (ii) schools in Gauteng and (b) learners that can be accommodated in each specified school;

(2) in respect of each school district, (a) what is the total number of schools that is in use, not in use and/or partially in use, (b) what is the total number of new schools that is required and being planned and (c) by what date will the new schools be completed;

(3) in respect of each school district, (a) what is the name of each specified school and (b) for what reason has Afrikaans single-medium, dual-medium and parallel-medium schools been identified by her department to accept non-Afrikaans speaking learners;

(4) whether she is still unable to provide the requested information; if so, (a) why and (b) by what date will she provide the requested information? NW1415E

RESPONSE
The Department of Basic Education (DBE) does not collect or collate this information. The Honourable member is requested to direct the question to the relevant province as such may be in their possession.

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.