fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

ANC se oplossing vir mislukte munisipaliteite is oënskynlik bloot deur dit by ander munisipaliteite in te lyf

Die inlywing van die Naledi-munisipaliteit (Dewetsdorp, Wepener en Van Stadensrus) gaan die ANC-beheerde Manguang-metroraad miljoene rande weens agterstallige skuld uit die sak jaag, sê Devar Smit, VF Plus-raadslid in die metro.

Smit sê daar is vandag op ‘n raadsvergadering van Mangaung besluit om meer as R15 miljoen se agterstallige waterskuld af te skryf wat die direkte gevolg is van die swak bestuur van die vorige raad en administrasie van Naledi.

Daarbenewens gaan Manguang ook ‘n bykomende sowat R6 miljoen wat Naledi aan Bloemwater geskuld het, betaal.

“Hierdie skuld is deel van ‘n totale bedrag van meer as R12 miljoen waarvoor Mangaung nou moet pa staan. Dié bykomende las op Manguang kan ‘n invloed op sy kontantvloei hê en daar moet addisioneel daarvoor begroot word.

“Die onvermoë van die ANC om plaaslike munisipaliteite te bestuur, blyk duidelik uit die swak bestuur waaronder Naledi die afgelope paar jaar gely het.

“Dit wil ook voorkom asof die ANC die mislukkings van swak bestuur en ‘n gebrek aan leierskap by munisipaliteite wil oplos deur bloot die mislukte munisipaliteite by ander in te lyf,” sê Smit.

 

Kontakbesonderhede: 084 206 3375

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.