fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering en departement van landbou faal landbouers

(Parlementêre begrotingsdebat: Departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling)

’n Volk wat vir sy landbou sorg, sorg vir sy toekoms.

Dit is egter duidelik nie vir die ANC-regering en die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling ‘n prioriteit om na sy landbouers om te sien nie.

Die departement het ’n rug-na-voor-benadering wanneer dit kom by die aanspreek van probleme en die aanpak van projekte.

Grondhervormingsprojekte, die Landbou- en Agro-verwerkingsmeesterplan, die Cannabis-meesterplan en al sy fasette, die AgriSEB-fonds, die nasionale landelike jeugdienskorps (Narysec), is ‘n paar voorbeelde van projekte wat nie van die grond af kom nie.

Die probleem is die ANC, want die ANC pak alles ideologies pleks van in ekonomiese belang aan. Totdat die minister en haar departement nie hierdie kopskuif maak nie, gaan alle landbouers en gevolglik ook die ekonomie altyd verloor.

Die begroting van die departement spreek tot verkeerde prioriteite waar belangrike programme onderbefonds word, terwyl niksseggende programme en projekte groter toewysings ontvangs.

So ontvang die administrasieprogram byvoorbeeld ‘n groter begroting as die landbouproduksie-program. Die doel van dié program is om toesig te hou oor veeproduksie, wildboerdery, diere- en plantgesondheid, natuurlike hulpbronne en rampbestuur. Dié program kry egter slegs sowat 14% van die totale begroting.

Ten spyte van die program se belangrike rol in die bevordering van landbouproduksie, die bestuur van biosekuriteit en sektorverwante risiko's, plant- en dieresiektes en plae, insluitend rampe, het sy begrotingstoewysing gestagneer en sal met 'n gemiddeld van 1% oor die mediumtermynbestedingsraamwerk (MTBR) afneem.

Hierdie toedeling is ‘n ernstige bron tot kommer gesien in die lig van onder meer die bek-en-klouseer-uitbraak wat gelei het tot ‘n verbod op uitvoere.

Sjina, die grootste invoerder van Suid-Afrikaanse wol, het weens dié uitbraak die invoer van wol verbied. Die wolbedryf is ‘n R5 miljard bedryf en kan hierdie tipe verbod nie bekostig nie.

Entiteite soos die landbounavorsingsraad (LNR) word onderbefonds en onderbenut en die departement maak eerder van eksterne diensverskaffers gebruik.

Die navorsing van die LNR rondom klimaatsverandering, weerspatrone aan kuslyne en verskeie ander faktore, kon gehelp het om moontlik die ramp in KwaZulu-Natal af te weer of die skade te beperk. Indien die departement maar net sy eie entiteit vertrou het.

Die ANC se verkeerde prioriteite is tot nadeel van voedselsekerheid en bedreig die toekoms van Suid-Afrika.

Suid-Afrika en sy mense verdien beter as die ANC-regering.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.