fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC moet verantwoordelikheid aanvaar vir Vuwani-onluste

Die ANC-regering moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir probleme soos by Vuwani en elders in Suid-Afrika waar gemeenskaps-ontevredenheid tot gewelddadige oproer lei, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake.

Dr. Groenewald het vandag met die parlementêre debat oor Vuwani gesê ontevrede mense in die land het al geleer daar is net een manier om die regering se aandag te kry, en dit is om af te brand.

“Ons het dit nou weer by Vuwani gesien. Eers nadat daar met brandstigting begin is, is die betrokke ministers se aandag getrek en is gehoor gegee aan die besware van die gemeenskap van Vuwani. Waarom is dit nie voor die tyd gedoen nie?

“Die minister van staatsveiligheid (David Mahlobo) is aan die slaap. Indien hy sy werk behoorlik gedoen het, sou hy van die dreigende probleem geweet het en sou dit nie so ver geëskaleer het nie. Indien hy ontken dat hy slaap, beteken dit hy het geweet wat gaan gebeur en dan is hy medepligtig aangesien hy niks gedoen het om dit te verhinder nie.

“Die grootste probleem is egter die president wat sê die ANC se belange word eerste gestel, en daarna die land se belange. Dit is waarom nie aandag gegee is aan die griewe van die mense van Vuwani nie

“Ons het dieselfde al voorheen gesien gebeur by Merafong in Carletonville. Toe is daar ook brand gestig toe hulle by Noordwes ingelyf is. Eers toe die skade klaar gedoen is, het die regering besluit om die mense weer terug te plaas.

“Soos ons nou weer by Vuwani gesien het, is dit omdat die ANC twee munisipaliteite saamvoeg deur afbakening om die stemme in die gebied te manipuleer. Die ANC se belang word voorop gestel, en dan dié van die gemeenskap.

“Om ‘n blywende oplossing te kry moet mag gedesentraliseer word. Meer munisipaliteite moet geskep word met bevoegde amptenare om die werk behoorlik te doen en korrupsie uit te roei.

“Dan sal daar dienslewering en skoon regering wees en sal dit nie nodig wees om af te brand om gehoor te word nie,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.