fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC moet skuld kry vir inwoners se verliese weens wanbetaling van Eskom-rekening

Inwoners van die Madibeng-omgewing (Brits) het nou ook kennis gekry dat beurtkrag hul voorland is weens wanbetaling van die plaaslike munisipaliteit, sê Hannetjie Grobbelaar, VF Plus-raadslid vir Madibeng.

Grobbelaar sê die inwoners van Madibeng gaan nou gebuk gaan onder die gevolge van die ANC se wanbestuur van die munisipaliteit. Dit tree boonop in werking op 6 Desember, wat in die feesseisoen is. Die agterstallige skuld beloop R114.65 miljoen.

“Die ANC vererger die saak deurdat hy nie eens ‘n dringende munisipale vergadering gereël het om ‘n weg vorentoe te bepaal nie.

“Dit wil voorkom asof dit die ANC se houding is dat die situasie maar net so kan voortgaan, sonder om die geweldige verliese in ag te neem vir een van die hoof ekonomiese toevoere van die dorp, toerisme en akkommodasie, en gaan die Brits-omgewing se ekonomie in sy geheel benadeel.

“In ‘n land wat gebuk gaan onder ‘n uiters hoë werkloosheidsyfer, kan die ANC se onbevoegdheid om Madibeng behoorlik te bestuur, eenvoudig nie geduld word nie. Die VF Plus sal ‘n brief aan die speaker van die stadsraad skryf oor hierdie onhoudbare situasie,” sê Grobbelaar.

 

073 590 5536 / 079 409 8342

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.