Tydens die afgelope raadsvergadering (24/11/16) in die Tlokwe/Ventersdorp 405-stadsraad is dit duidelik dat die ANC een van die groot oorsake is vir die agteruitgang van Potchefstroom se ekonomie en 'n kultuur van wanbetaling aanmoedig.
Die ANC het voorgestel dat alle munisipale huurhuise in Promosa, 'n uitbreiding van Potchefstroom, waarvan daar tans feitlik geen huurgeld gevorder word nie, vir slegs een rand (R1) aan die huidige "huurders" verkoop word en die dakke van die betrokke huise vervang moet word. Verder dring die ANC daarop aan dat alle uitstaande munisipale diensterekeninge asook uitstaande huur van hierdie eiendomme afgeskryf moet word.
Wat verder kommerwekkend is, is dat die ANC alle omliggende eiendomme, in die gebied in Promosa, se uitstaande munisipale rekeninge ook wil afskryf.
Die VF Plus wil, in belang van belastingbetalers, weet:
“Die ANC kon nie antwoorde verskaf nie, terwyl die antwoorde belangrik is sodat die belastingbetalers van Potchefstroom moet weet wat die effek gaan wees op dienstegelde. Wanneer tekorte ontstaan, moet dienstegelde verhoog word. Die afskryf van uitstaande rekeninge moedig die kultuur van wanbetaling aan. Slegs die VF Plus het hierteen gestem. Betalers van dienstegelde subsidieer dus nie-betalers,” sê mnr. Fanie du Toit, raadslid vir die VF Plus in die Tlokwe-munisipaliteit.
Die VF Plus het in die raadsvergadering daarop gewys dat die Tlokwe 405-munisipaliteit voorheen 'n gemiddelde vorderings-persentasie, van munisipale rekenings, van 92% gehad het, wat die afgelope 3 maande reeds na ± 83% gedaal het .
Mnr. Fanie du Toit
Kontaknommer: 079 885 1135
Aternatiewe kontak: 079 409 8342