fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC in Noordwes kweek wetteloosheid en wanorde

Die ANC in Noordwes kweek ‘n wettelose samelewing met geen agting vir wet en orde nie. Protesoptrede is aan die orde van die dag in die provinsie en word deur die regering bevorder.

Die ANC-regering gee te maklik toe aan oproeriges wat oor elke moontlike rede protesoptogte hou. Die regering is veronderstel om wet en orde in die provinsie te handhaaf, maar in plaas daarvan om aan dié mandaat te voldoen word te maklik aan protesteerders se eise toegegee.

Dit het in die geval van Laerskool Scweizer-Renecke gebeur, waar ‘n onderwyseres sonder die billike prosedurele stappe geskors is as gevolg van druk van protesterende massas, by Hoërskool Stilfontein, in verskeie munisipaliteite en ook nou in Bloemhof.

Die ANC in Noordwes is so bang om steun voor die komende verkiesing te verloor dat hulle eerder ten koste van die provinsie en die handhawing van wet en orde toegee aan al wat ‘n eis is wanneer daar geprotesteer word.

Hierdie proteste gaan gewoonlik met saakbeskadiging en ander vorme van misdadigheid gepaard wat in effek gekondoneer word as protesteerders elke keer hul sin kry. Dit stuur die boodskap dat elkeen wat ‘n klip optel sy sin sal kry en kweek ‘n klimaat van oproerigheid en misdadigheid.

Die ANC in Noordwes se argelose houding jeens die basiese regte van die provinsie se inwoners, soos die reg op veiligheid, is onaanvaarbaar en kiesers moet die ANC in Mei by die stembus daarvoor straf.

Kontaknommer: 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.