fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC in Mpumalanga misbruik begrotingsdebatte om sy agenda van rassediskriminasie te bevorder

Waar begrotingsdebatte moet fokus op die beleid en begrotings van provinsiale departemente, het talle ANC-lede in die Mpumalanga-wetgewer se begrotingstoesprake egter gehandel oor die beweerde ‘rassistiese, brutale en barbaarse’ moord van plaaswerkers op die plaas Pampoenkraal naby Piet Retief.

Die ANC het tydens die begrotingsdebat vir die departement vir landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake, bly hamer op die Pampoenkraal-voorval, terwyl die saak nog ondersoek word en daar nog geen hofuitspraak of skuldigbevinding was nie.

Die VF Plus veroordeel hierdie optrede ten sterkste. Die ANC misbruik dié platform, wat bedoel is om departementele begrotings te bespreek, om rassewrywing in die wetgewer en provinsie aan te hits.

Die ANC is besig om die Pampoenkraal-voorval, waaroor steeds groot onsekerheid is, te gebruik om Mpumalanga se landbougemeenskap te demoniseer.

Dit is onaanvaarbaar aangesien dieselfde veralgemening ook gebruik kan word ná elke wit boer wat vermoor word, en dit sou ‘n onnodige resep vir konflik wees.

Die VF Plus het ‘n beroep gedoen op die speaker van die provinsiale wetgewer, me. Makhosazane Masilela, om die ANC-lede se ongegronde aantygings in toom te hou, want dit kan verreikende gevolge inhou vir boere en ander minderheidsgroepe in Mpumalanga.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.