fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC in Emfuleni tree roekeloos op deur begroting goed te keur

Die ANC-beheerde Emfuleni-munisipaliteit het vandeesweek ’n befondse begroting goedgekeur terwyl feitlik geen dienste gelewer kan word nie. 

Nasionale tesourie het op 3 Oktober ’n amptelike brief aan die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit gestuur wat aangedui het die 2019/20-begroting is onbefonds. Die munisipaliteit is tyd tot voor die raadsvergadering van 11 November gegun om die begroting reg te stel voordat dit voor die raad dien vir goedkeuring.

Die ANC-meerderheid in die raad het die begroting goedgekeur.

Die VF Plus het teen die aanvaarding van die begroting gestem en die raad gewaarsku dat ‘n onbefondse begroting dienslewering verder negatief sal beïnvloed. ’n Onbefondse begroting bewys daar is ’n tekort aan geld en daarom kan geen begroting prakties uitgevoer word nie.

Die VF Plus en lede van die publiek moes verlede week rondskarrel om ’n vragmotor te huur om ’n nuwe transformator te vervoer om aan die elektrisiteitsnetwerk te koppel om die woonbuurte van Muvanho, Stephanopark en Vaaloewer, wat onderskeidelik weke en dae sonder krag was, van krag te voorsien. Die munisipaliteit sukkel selfs om diesel vir vragmotors aan te koop.

Emfueni se krediteure wag reeds langer as 900 dae vir betaling. Die munisipaliteit skuld ook grootmaatverskaffers soos Eskom en Randwater miljoene. Die ANC-beheerde raad is besig met oëverblindery om hul onbevoegdheid te verdoesel.

Tel: 076 616 2124

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.