fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC glo in hul eie onwaarhede – “Petisies werk in Gauteng”

Die ANC het vandag in die Gauteng Provinsiale Wetgewer aangekondig dat die petisie-stelsel werk en dat demokrasie waarlik 'n impak maak in Gauteng. Volgens die adjunk speaker, Uhuru Moiloa, kan enige iemand in Gauteng net 'n foon optel om klagtes te rapporteer soos gate in die paaie en herstel van elektrisiteit.

Die VF Plus beskou hierdie aankondiging as 'n groot grap aangesien die ANC heeltemal uit voeling is met die werklikhede op die grond. Indien hierdie aankondiging van die ANC waar was, sou die VF Plus raadslede nie daagliks dienslewering-klagtes ontvang het nie en sou die petisiekomitee in Gauteng nie alreeds oor die 400 petisies op die rol gehad het nie.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr Philip van Staden, het in reaksie gesê dat net vanoggend moes hy self 'n elektrisiteitsklagte hanteer omrede die Tshwane Metro nie hul fone antwoord nie.

"Hierdie wanhopige aankondiging van die ANC is 'n bewys dat die ANC geen idee het wat op grondvlak aan die gang is nie. Hulle is besig om die kiesers te bedrieg".

Die VF Plus het reeds gewaarsku dat te veel petisies na die wetgewer stroom omrede munisipaliteite nie gehoor gee aan die publiek se noodkrete om hulp nie.

Die VF Plus sê dit is skandalig dat die ANC so leuns aan die publiek vertel.

 

Philip van Staden LPW Gauteng

Tel: 084 015 4722

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.