fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-beheerde Mangaung minag inwoners se menseregte

Die Speaker van die Mangaung-metro-munisipaliteit (Bloemfontein, Botshabelo, Thaba Nchu, Dewetsdorp, Wepener, Van Stadensrus) het Woensdag (20 Maart) tesame met ander raadslede van die metro ‘n besoek ter plaatse op verskeie plekke in die munisipaliteit afgelê. Raadslede is genooi om die Speaker te vergesel.

Onder andere is Hertzogplein, Hofmanplein en begraafplase in Memoriumweg besoek.

Die toestand waarin Hertzogplein verkeer is skokkend. So ook die kanaal by Pasteurrylaan wat ook besoek is. Die kanaal is vuil en dit lyk of geen instandhouding gedoen word nie.

Die enigste afleiding wat gemaak kan word is dat Bloemfontein ‘n vuil en vervalle stad geword het waar inwoners se basiese menseregte, soos die op ‘n veilige en gesonde omgewing, menswaardigheid, toegang tot water en behoorlike dienslewering, deur die ANC-regering vertrap word.

Die ANC voer gereeld aan dat hy ‘n goeie storie het om te vertel, maar die storie wat hom gedurende die besoek ter plaatse afgespeel het, was een van swak bestuur en verkeerde prioriteite.

Die Speaker het wel onderneem om sodanige probleme aan te pak en veral om begraafplase in Memoriumweg te laat skoonmaak. Wanneer dit sal geskied is egter onduidelik.

Kiesers moet besef dat ‘n oplewing in dienslewering kort voor ‘n verkiesing slegs ‘n foefie is om stemme te werf. Die ANC stel nie belang daarin om behoorlike dienslewering te verskaf nie, want hy kan nie.

Die ANC het geen agting vir Suid-Afrikaners se menseregte nie. Die ANC stel slegs belang in eie gewin en moet daarvoor by die stembus op 8 Mei gestraf word.

 

Kontakbesonderhede: 082 305 1540

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.