Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC bedreig eiendomsreg en voedselsekuriteit met grondvoorstelle

“Mnr Gwede Mantashe, hoofsekretaris van die ANC, se aankondiging dat die ANC besluit het dat daar ‘n plafon vir grondeienaarskap in Suid-Afrika moet wees ten einde grondhervorming te bespoedig, getuig nie net van onkunde nie, maar bedreig eienaarskap en voedselsekerheid in Suid-Afrika.

“Om boere te wil beperk tot maksimum twee plase of 12 000 hektaar getuig van totale onkunde oor die landboutoestande en die landbou in die land. Die opbrengs per hektaar van ‘n plaas in die Karoo verskil aansienlik van ‘n hektaar in die Vrystaat, Mpumalanga of Noordwes. Die ANC moet ook sê wat beskou hy as ‘n plaas. Sommige plase word as ‘n eenheid bedryf, maar het verskeie kaart- en transportaktes wat daarop geregistreer is.

“Dit wil voorkom asof die ANC begin swig voor die EFF oor grondherverdeling en probeer die EFF uit bie oor grond. Hierdie besluite sal groot onsekerheid in die landbousektor skep. Op hierdie tydstip het die Suid-Afrikaanse kommersiële landbousektor sekerheid oor die toekoms nodig om met nuwe beleggings en uitbreidings te verseker dat daar genoeg kos vir almal in die toekoms is,” sê dr Pieter Groenewald, parlementêre woordvoerder oor landbou en grondsake van die Vryheidsfront Plus.

 

Kontaknommers: 083 627 4397

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.