fbpx
Vryheidsfront Plus

Adjunkminister van landbou, bosbou en visserye is ‘n belediging vir landbougemeenskap

Die aanwysing van Bheki Cele as die adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, is ‘n belediging vir die landbougemeenskap aangesien hy as kommissaris van polisie onthef is uit sy pos weens wanadministrasie en korrupsie.

Cele is daarom eintlik nie geskik vir enige uitvoerende pos nie, maar die ANC beskou hom as goed genoeg vir die landbou wat op ‘n eerbare manier voedsel verskaf in Suid-Afrika.

Die media het vroeër vanjaar ook berig die OB-ondersoek het onder meer voorlopig bevind dat Cele nie gekeer het dat geld onreëlmatig verkwis word met die bouwerk by Nkandla nie.

sCele was sedert Julie 2009 polisiehoof, maar hy is in Oktober 2011 geskors, waarna hy in Junie 2012 afgedank is.

Dit is duidelik dat die regering drastiese grondhervormingsplanne wil deurvoer en nie kans sien dat ‘n persoon soos dr. Pieter Mulder in die uitvoerende gesag is waar hy die regering kan ontbloot vir sy hervormingsplanne nie.

Lanbou is ‘n strategiese bedryf en regverdig ‘n ervare en kundige minister en adjunkminister ter wille van die boere van Suid-Afrikia.

Die waarde van dr. Mulder as adjunkminister van landbou, bosbou en visserye gaan nou eers besef word weens sy afwesigheid wat landbou gewis tot nadeel sal strek.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.