Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Aan jou vriende sal jy geken word: Ace se voormalige vennoot skuldig bevind aan bedrog

Die uittrede van die huidige premier van die Vrystaat, Ace Magashule, kan nie vinnig genoeg plaasvind nie. Die Vrystaat het vir die afgelope nege jaar onder Magashule se bestuur gely as gevolg van ongekende korrupsie, bedrog en diefstal van belastingbetalers se geld wat veronderstel was om die lewens van Vrystaters te verbeter.

Die VF Plus verwelkom die skuldigbevinding van Isaac Seoe, ‘n voormalige vennoot van Magashule, in die Vrystaatste Hooggeregshof op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery, en eis dat die ondersoeke na soortgelyke korrupsie wat met tenderbedrog verband hou, intensief ondersoek en spoedig afgehandel word.

Seoe, die voormalige voorsitter van die Vrystaat Ontwikkelingskorporasie (FDC) is in 2014 saam met Magashule by ‘n Shell-vulstasie in Phuthaditjhaba in die Vrystaat opgemerk. Magashule se dogter het onlangs die vulstasie deur middel van ‘n omstrede ooreenkoms van die FDC bekom.

Magashule beskik nie oor die leierseienskappe om te verseker dat die provinsie korrupsie- en bedrogvry bestuur word nie.

Daar is nie voldoende kontroles in plek om in die eerste plek te verseker dat korrupsie nie plaasvind nie en tweedens word behoorlike ondersoek- en strafmaatreëls nie toegepas nie. Die Vrystaatse Hooggeregshof behoort deur middel van vonnisoplegging ‘n voorbeeld van Seoe te maak.

 

Kontakbesonderhede: 082 490 6663

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.