fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Wapenverliese by weermag wek kommer

"Die diefstal en verlies van wapens en ammunisie by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) bly kommerwekkend en dit wil voorkom of die weermag nie die vermoë het om voorkomend op te tree teen misdaad en ongedissiplineerdheid in sy eie geledere nie," sê dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

In die tydperk vanaf 1 April 2016 tot op hede is 58 wapens, wat meer as dertig gevaarlike wapens soos aanvalsgewere insluit, gesteel en verloor. Daarby is byna 8000 rondes ammunisie gesteel, hoofsaaklik vir aanvalsgewere, asook 36 handgranate.

Dit blyk uit ‘n antwoord van die minister van verdediging en militêre veterane (Nosiviwe Mapisa-Nqakula) op geskrewe parlementêre vrae van die VF Plus oor die aangeleentheid.

Groenewald sê die weermag moet met erns aandag gee aan dissipline en gewone misdaad binne sy geledere aangesien hy toenemend besig is om die publiek se vertroue in hom te verloor.

"Dit is skokkend om te dink hoeveel skade en bloedvergieting die gesteelde en verlore wapens kan veroorsaak en hoeveel daarvan in die hande van misdadigers kan beland wat by georganiseerde misdaad soos transitorooftogte betrokke is.

"Die SANW kan nie toenemend gesien word as ‘n voedingsbron van wapens en ammunisie vir misdadigers nie. Die swak dissipline en die swak bestuur in die weermag is tans van so ‘n aard dat dit bydra tot die misdaad in die land en dit is ‘n klad op die naam van die SANW.

"Dit moet dringend reggestel word. ‘n Weermag kan nie funksioneer sonder behoorlike bestuur en dissipline nie," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.