Die Vryheidsfront Plus het die Vrystaatse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Limakatso Mahasa, dringend versoek om agterstallige subsidies aan nie-regerinsgorganisasies (NGO’s) uit te betaal.
Die departement sloer sedert 2015 om subsidies aan die NGO, Engo te betaal weens die feit dat 'n finansieringsmodel vir die uitbetaal van subsidies aan dié organisasie nie. Vrese bestaan dat sommige kinderhuise in die provinsie hulle deure sal moet sluit, indien daar nie dringend fondse beskikbaar gestel word nie.
Engo verspog tans 724kinders by 34 huise in die provinsie.
"Nie-regeringorganisasies speel ‘n belangrik rol om maatskaplike welvaart in ons gemeenskappe te verseker"
"Die departement se onvermoë om NGO’s, soos Engo in die Vrystaat, te betaal weens gebrekkige finasieringsmodelle skep die indruk dat die ANC bloot nie vir armes omgee nie," sê Tammy Wessels, Vrystaatse LPW vir die VF Plus.
"Die LUR as politieke hoof van die departement wys met haar verontagsaming van ‘n vyfde hofbevel om haar departement se kostemodelbeleid aan te pas, dat sy nie die politieke wil het om kritiese dienste en hulpbronne vir mense en kinders in nood in die provinsie te verskaf nie."
Wessels sê nie net tree Mahasa en haar departement téén die soveelste hofbevel op nie, maar plaas hierdie organisasies in ‘n onmoontlike finansiële situasie en verhinder derduisende kinders en bejaardes in nood om versorg te word.
"Nie-regeringorganisasies speel ‘n belangrik rol om maatskaplike welvaart in ons gemeenskappe te verseker, maar kan dit nie bekostig as ‘n belangrike bron van inkomste, naamlik die departement van maatskaplike ontwikkeling, as vennoot nie hulle hande en begrotings versterk nie," sê Wessels
Die VF Plus sal ook in die portefeuljekomitee vir maastskaplike dienste in die Vrystaatse Wetgewer vra waarom Mahasa se departement aanhou sloer om die hofbevel na te kom en ‘n finansieringsmodelbeleid te implementeer.
Hiermee Wessels se brief aan Mahasa:
The Free State MEC for Social Development
L.P. Mahasa
21 February 2018
Outstanding grants to social service NGO’s
Dear Madam
The Freedom Front Plus is concerned about media reports (Volksblad 21 February 2018) that indicate the Department of Social Services has again failed to pay subsidies to NGO’s such as Engo as a result of failure to implement financing models that was ordered by the Free State High Court.
You will agree that poor financial management and policies by the department have resulted in the most vulnerable in our province not receiving crucial services.
Understandably, the department needs to adapt its polices to establish a financing model. However, it is unacceptable that your department have failed five times to adhere to court orders relating to funding for the mentioned NGO’s
As a result, vulnerable children and the elderly currently will not receive services from your department.
Urgent corrective measures by your department relating to this matter will be highly appreciated.
Yours Sincerely
Tammy Wessels
MPL