fbpx
Vryheidsfront Plus

Vriendskapstuiste in Randfontein se vullis hoop op

Vullis op die parkeerarea van die Vriendskapstuiste, ‘n tehuis vir bejaardes in Randfontein, hoop op nadat die balju op die Rand West City-plaaslike munisipaliteit (Randfontein en Westonaria) se diensleweringsvoertuie beslag gelê het.

Dit sluit vullisverwyderingstrokke in.

Baie van die bejaardes beskik nie oor hul eie vervoer om hul huishoudelike vullis na die Randfontein-vullisterrein te neem nie.

Die bestuur van die Vriendskapstuiste is in die proses om ‘n vragmotor te huur om die vullis weekliks te verwyder, maar die koste sal uiteindelik by inwoners se verblyf ingereken word.

Die vullis het intussen begin verrot en lok rondloperdiere wat die sakke oopskeur.

Die opgehoopte vullis hou ‘n gesondheidsgevaar in vir die bejaardes van wie baie ‘n verswakte immuniteit het.

Die VF Plus het die munisipale bestuurder, Thabo Ndlovu, versoek om dringend aandag aan die probleem te skenk.

Die ANC-beheerde munisipaliteit ontsien selfs nie bejaardes met sy wanbestuur nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.