fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrede-Suiwel: borgtog onaanvaarbaar

Die VF Plus verwelkom elke stap wat nou landswyd geneem word teen die blatante korrupsie en diefstal van miljoene rande van belastingbetalers se geld.

"Dit is egter uiters kommerwekkend dat die staat nie die borgtog van die verdagtes, wat gister in hegtenis geneem is na ‘n klopjag op die Guptas se huis, teengestaan het nie en dat hulle op borgtog vrygelaat is. Hierdie is mense wat ‘n vliegtuig op Waterklooflugmagbasis laat land het," sê Wouter Wessels, VF Plus LP

"Niks sal hulle stuit om land uit te vlug nie, met of sonder paspoorte."

Wêssels sê die ANC-regering het toegelaat dat hierdie korrupsie jare lank ongestoord plaasvind. Hy sê daar is heeltemal te lank gesloer om die beweerde korrupsie te ondersoek en teen die skuldiges op te tree.

"Die feit dat agt beskuldigdes, Ashu Chawla, Nazeem Howa, Varun Gupta, Ronica Ragawan, Peter Thabethe, Takisi Masiteng, Sylvia Dlamini en Kamal Vasrum, direkteur van Estina, vandag voor die hof verskyn het is 'n tree in die regte rigting, maar daar is nog baie werk om te doen.

Wessels sê die politieke hoofde wat die dryfveer agter die Vrede-suiwelprojek is, moet nog aan die pen ry.

"Die agt verdagtes maak slegs die oortjies van die seekoei uit. Betrokkenheid by die knoeiery met die Vrede-suiwelprojek strek veel verder as bloot hierdie agt.

"Daar is vele politieke hoofde, soos die huidige premier en sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, die voormalige LUR van landbou in die Vrystaat, Mosebenzi Zwane en feitlik die hele provinsiale kabinet wat al die LUR'e insluit, betrokke.

"Hierdie politieke leierskap van die ANC in die Vrystaat het vir jare die projek verdedig ten spyte van die opposisie en Ouditeur-Generaal (OG) se vermanings en hul het ‘n aktiewe rol gespeel in die belemmering van die komiteewerksaamhede van die wetgewer wat ondersoek na die projek ingestel het.

Wessels sê die VF Plus verwag dat die agt, wat net so betrokke was by die korrupte bedrywighede van die Vrede-suiwelprojek tesame met hul politieke toutjietrekkers, so spoedig as moontlik tot verantwoording geroep word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.