Die VF Plus-leier, Dr Pieter Groenewald, het Donderdag in die parlement tydens gelukwensing aan die nuuutverkose president, Cyril Ramaphosa, gesê Suid-Afrika het ‘n beter president verdien as die een wat hy gehad het, al is dit nie moeilik om ‘n beter president te wees as wat Jacob Zuma was nie.
"Die VF Plus wil graag sien dat die vlak van debatvoering in die parlement na ‘n hoër vlak sal oorskakel en dat die nuwe president respek sal hê vir die parlement aangesien die vorige een geen respek vir die land se wetgewer gehad het nie.
"Artikel 83 van die land se Grondwet bepaal dat die staatspresident van Suid-Afrika sosiale kohesie in die land moet bevorder.
"Die vorige president het egter die gewoonte gehad om wit mense die skuld te gee vir alles wat in die land verkeerd gegaan het,: het Groenewald gesê.