Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vlak Drie-regulasies: Onduidelikhede gaan weer probleme veroorsaak

"Soos dit voorheen die geval was, is daar steeds talle vrae en onduidelikhede oor die fyner besonderhede van Vlak Drie-regulasies en daar is steeds te veel gevalle waar beperkings bloot nie rasioneel is nie, soos die verbod op ondernemings soos haarsalonne en die beperking op oefentye," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die regulasies vir Vlak Drie soos vandag aangekondig, bevat talle klousules wat eers in werking gaan tree nadat die betrokke kabinetsminister direktiewe daaroor in die Staatskoerant gepubliseer het. Dit skep onsekerheid.

"Betreffende die uitsluitingstabel oor bedrywighede wat onder dié vlak toegelaat sal word, is ook groot onsekerhede. Wat sekere onderwyssektore en openbare vervoer aanbetref, word gewag op aanduidings deur bepaalde direktiewe van die ministers.

"Dit moet in gedagte gehou word dat Vlak Drie van 1 Junie geld wat die vraag laat ontstaan of hierdie onduidelikheid betyds uit die weg geruim gaan word voordat na dié vlak oorbeweeg word. Dit sal waarskynlik nie gebeur nie, wat beteken dat talle ondernemings steeds onsekerheid het oor hul situasie.

"Die aankondiging dat kerke wel hul deure kan oopmaak om dienste te hou is aanvaarbaar, maar die beperking op aantal kerkgangers is nie prakties uitvoerbaar nie.

"Die nuwe tydbeperking vir oefening met die voorwaardes daaraan verbonde, is net soos voorheen irrasioneel. So ook die verbod op ondernemings soos haarsalonne, en skoonheidskundiges. Dit is onaanvaarbaar.

"Die beperkte tye vir drankverkope sal bloot daartoe lei dat meer mense oor korter verkooptye sal moet saamdrom om hul aankope te doen.

"Die tyd het aangebreek dat die regering groter vertroue in die publiek plaas om in sommige aspekte saam te werk. Tot nou toe was die groter publiek se samewerking onder moeilike omstandighede goed.

"Die onbenullige beperkings toon egter ‘n ongesonde behoefte van die regering om steeds oor alles beheer uit te oefen en dit te oorreguleer," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.