fbpx
Vryheidsfront Plus

Chaos in Matlosana oor peperduur gastehuis-verblyf van ANC-raadslede

Chaos het gister uitgebreek tydens 'n raadsvergadering van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Hartbeesfontein, Klerksdorp, Orkney, Stilfontein) nadat die VF Plus-koukus in die raad daarop aangedring het dat die verblyf van ses ANC-raadslede in 'n peperduur, luukse gastehuis in Stilfontein op raadskoste, sonder meer beëindig moet word. 

Die raadslede bly reeds sedert September 2019 in die gastehuis teen ‘n koste van R94 000 elk per maand.

Die tydelike verblyf is aanvanklik goedgekeur nadat hul huise in die naburige Khuma-woongebied beskadig is tydens betogings oor swak dienslewering.

Die wet oor die vergoeding van openbare ampsdraers maak voorsiening vir so ‘n verblyfreëling vir 'n maksimum tydperk van twee maande.

Nadat nege maande reeds verloop het, en hierdie onreëlmatige uitgawe teen bykans 'n halfmiljoen rand per maand groei, het die VF Plus vir ‘n verdeling van stemme gevra wat deur die speaker in die raad, Washington Ntozini, geïgnoreer is.

Die VF Plus het weer kapsie gemaak, waarop die speaker wel formeel die VF Plus se teenstem genoteer het. Raadslede wat nie ten minste so 'n teenstem vir die rekord laat noteer nie, kan individueel en gesamentlik aanspreeklik gehou word vir onreëlmatige besteding. Die vergadering het hierop so buite beheer geraak dat die speaker die verrigtinge moes verdaag.

Die VF Plus sal nie toelaat dat onreëlmatige besteding in Matlosana voortduur ten koste van die belastingbetalers nie. Dit is tyd dat raadslede, individueel en kollektief, in die raad aanspreeklik gehou word vir hierdie tipe uitgawes.

Kontaknommer: 082 443 5569

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.