fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus waarsku minister van hoër onderwys om nie aan pensioenfondse te raak nie

"Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, moet sy hande van staat en die privaatsektor se pensioenfondse afhou in sy poging om gratis onderrig te verskaf aan naskoolse studente. Nzimande het reeds aangedui dat die regering dit oorweeg om miljarde rande se pensioengeld hiervoor te gebruik," sê Armand Cloete, VF Plus-LP in die NRP.

"Na die oorwinning van die Transnet-pensioenarisse in hul uitgerekte hofgeding teen Transnet, moet die minister twee keer dink voordat hy ander se pensioengeld gebruik om te vergoed waar die staat misluk het.

"Dit is uiteindelik net ‘n paar ANC-kaders wat uit ander se pensioengeld verryk gaan word soos gesien is met die mislukking van die regering se IT-stelsel by hoër onderwys. So ook met fiktiewe of spookstudente en in feitlik alles waarby die ANC betrokke is.

 

"Die boodskap aan die minister is hard en duidelik; hou jou hande van die pensioenfondse af. Die geld behoort aan hardwerkende mense vir hul oudag en nié aan die staat nie. Dit is uiters gevaarlik en kommerwekkend om te dink dat die minister hardwerkende mense se pensioengeld wil aanwend in ‘n poging om die regering se mislukkings reg te stel."

 

 

"Dit is veral onaanvaarbaar dat geld wat vir studente aangewend word, soos die voorgestelde aankoop van toestelle en rekenaars ter waarde van R2,5 miljard vir hoër onderwys, op rassegrondslag toegeken gaan word.

 

"Indien pensioengeld in die toekoms vir sulke ongeregtighede gebruik word, sou dit daarop neerkom dat wit en bruin persone se geld gebruik sou word om teen hul eie kinders te diskrimineer."

 

"Covid-19 het ‘n vernietigende effek ook op die onderwys gehad, maar Suid-Afrika het nou die punt bereik waar populisme nie meer hoër geag kan word as jong mense se opvoeding nie. Drome van ‘n klaslose gemeenskap en gratis hoër onderwys is nie meer haalbaar in die huidige ekonomiese omstandighede nie.

"Die Covid-19-pandemie het nou duidelik gewys dat ANC-ideologieë nie haalbaar is nie. Die realiteit van die ekonomie sal bepaal wat aan die orde van die dag is en net die tyd sal leer of ANC-populisme hierteenoor staande sal bly," sê Cloete.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.