fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-voorstelle ontlont Merafong-staking

Die munisipale bestuurder en burgemeester van die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) het ag geslaan op ʼn eis van die VF Plus om dadelik in te gryp by ‘n onbeskermde staking van munisipale werkers.

Die party het in ʼn brief aan die munisipale bestuurder, Dumisani Mabuza en burgemeester Nozuko Best, versoek dat die werkers se griewe dadelik aangespreek word om te voorkom dat inwoners van Welverdiend, Elijah Barayi, Khutsong-suid, Fochville en Carletonville langer sonder elektrisiteit is.

Die stakende werkers is ontevrede oor agterstallige salarisbetalings. Dit moes dadelik reggestel word en die werkers moet genoeg persoonlike beskermingstoerusting kry.

Inwoners van Welverdiend wat Donderdag reeds 48 uur sonder elektrisiteit was weens foutiewe kabels, se elektrisiteit is laat gisteraand herstel. Mense wat van suurstof afhanklik is en by vriende om hulp moes aanklop, kon terugkeer huis toe.

Die party het die munisipale bestuurder ook versoek om behoorlike kredietbeheer toe te pas. Slegs 50% van Carletonville en 9% van Khutsong se inwoners betaal vir dienste. Die munisipaliteit kan nie bekostig om gratis dienste aan mense te lewer nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.