Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom verlaging van rentekoers, veral onder die wolk van korona

"In die lig van die wurggreep waarin die korona-pandemie Suid-Afrika se ekonomie geplaas het en oor die ernstige krisis waarin die land se ekonomie reeds verkeer het, verwelkom die VF Plus die rentekoers-verlaging van een persentasiepunt wat die Reserwebank vandag aangekondig het," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van handel en nywerheid.

"Die verlaging opsig self, bied egter nie genoeg verligting nie en die VF Plus sal die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, nader om in die lig van die krisis wat korona veral vir kleiner sake-ondernemings veroorsaak het, verdere hulpmaatreëls te oorweeg.

 

"Bykomende maatreëls wat die minister vandag aangekondig het, soos ‘n bepaling dat ondernemings se winsgrense dieselfde bly soos dit voor die korona-krisis was, word wel verwelkom."

 

"Bykomende maatreëls is egter van die grootste belang om ondernemings en die publiek van finansiële ondergang te red. 

"Die VF Plus sal die minister daarom versoek om as ‘n saak van dringendheid skuldverligting deur ‘n sogenaamde skuld-terugbetalingsvakansie vir ‘n periode van vier tot ses maande te oorweeg na oorleg met banke en ander kredietverskaffers ingevolge die magte wat die nasionale ramptoestand aan hom verleen," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.