fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom Tshwane se verbeterde ouditverslag

Die VF Plus verwelkom die verbetering in die Tshwane-metro se ouditverslag vir die 2022/23-finansiële jaar.

Die metro kon daarin slaag om die oudit-mening van 2022 te verbeter van ongunstig na gekwalifiseerd in 2023. Die gekwalifiseerde ouditmening is egter nog baie ver van waar die VF Plus die mening wil hê, maar dit is ’n stap in die regte rigting.

Die Tshwane-metro het in die 2021/22-boekjaar ʼn negatiewe mening van die ouditeur-generaal (OG) ontvang en die VF Plus het daarna ʼn aantal voorstelle aan die burgermeesterskomitee vir finansies gedoen oor hoe die situasie verbeter kan word.

Die voorstelle het ingesluit:

• Intensiewe oorsig rondom die volledigheid van krediteure;
• Kwalifikasie- en vaardigheidsoudits in die finansiële departement;
• Fisieke verifikasie van werknemers;
• Gefokusde oorsig van die oorsigkomitees spesifiek rondom die sowat 200 negatiewe bevindinge van die OG vir die 2021/22-boekjaar;
• Swartlys van diensverskaffers wat betrokke was by ongerymdhede.

Buiten die oorsigwerk van die burgermeesterskomitee en die oorsigkomitees het ander faktore ook die verbetering teweeg gebring soos die betekenisvolle verbetering in bestuur en ervaring van senior amptenare van die stadsbestuurder, Johann Mettler en die hoof finansiële beampte, Garteh Minisi.

Die VF Plus is daartoe verbind om steeds ʼn rol te speel in ʼn uitvoerende- sowel as ʼn oorsigperspektief om seker te maak dat ʼn skoon, oftewel ongekwalifiseerde ouditverslag in die toekoms bereik word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.