fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom sterk standpunt in portefeuljekomitee teen onbevoegde administrateurs

Die VF Plus verwelkom die sterk standpunt wat vandag ingeneem is deur Arone Motswana, voorsitter van die portefeuljekomitee oor die premier, finansies, samewerkende regering, behuising, en tradisionele sake, teen die onoordeelkundige ontplooiing van administrateurs by munisipaliteite in Noordwes.

"Die ontplooiing van hierdie administrateurs het in die meeste gevalle geen verbetering in dienslewering meegebring nie, maar eerder ‘n kultuur van magsmisbruik laat gedy," sê De Wet Nel, VF Plus-LPW in die Noordwes-wetgewer.

 

"Die VF Plus het herhaaldelik kapsie gemaak teen hierdie voortgesette ANC-kaderontplooiing met geen sprake van meriete in die aanstelling van die administrateurs nie."

 

"Volgens die VF Plus is dit van die grootste belang dat ingegryp word om hierdie algemene verval en voortgesette plundering by munisipaliteite te stuit. Die VF Plus sal volhou om druk toe te pas om te verseker dat amptenare en administrateurs verantwoordbaar gehou word.

"Apartheid kan nie die skuld kry vir hierdie stand van sake nie, maar is ‘n direkte gevolg van ANC-beleid en optrede," sê Nel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.