Dit het onder die VF Plus se aandag gekom dat vullis op die Lindley-vullisterrein verbrand word, wat 'n gesondheidsgevaar vir inwoners van die dorp inhou.
Die vullisterrein op Lindley in die Nketoana-plaaslike munisipaliteit (Arlington, Lindley, Petrus Steyn, Reitz) voldoen reeds nie aan wetlike vereistes nie.
Die munisipaliteit tree onwettig op deur nie toe te sien dat die vullisterrein verskuif word nie, aangesien ‘n vullisterrein ten minste 500m vanaf ‘n dorpsgebied moet wees. Die feit dat die vullisterrein so naby aan die dorp geleë is het tot gevolg dat die skadelike gifstowwe die dorp inwaai.
Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die LUR vir kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake, Makalo Mohale, amptelik versoek dat die departement op provinsiale vlak ingryp aangesien die Nketoana-plaaslike munisipaliteit keer op keer wys dat hy nie daartoe in staat is om aan wetlike vereistes en voorskrifte te voldoen nie.
Navrae: 082 493 6389