Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus stap uit parlement na chaos

Omstandighede in die nasionale vergadering het vandag so ‘n chaotiese laagtepunt bereik weens die optrede van die EFF en van sy ondersteuners in die openbare galery dat die VF Plus ‘n punt bereik het waar hy nie anders kon nie as om uit te stap nie, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

‘n Tipe van traangas is ook op die galery tussen die publiek ingegooi deur ondersteuners van die EFF. Die veiligheid van die gaste is daardeur bedreig. Hierdie optrede in die parlement bevestig die feit dat Suid-Afrika ontaard in ‘n piesangrepubliek.

In die raadsaal kon die voorsittende beamptes nie die berekende chaos beheer wat vir meer as ‘n uur ononderbroke voortgeduur het nie. Dit het uiteindelik tot chaos en vandalisme gelei waar stoele gebreek is en waterbottels en harde hoede rondgegooi is.

As sulke wangedrag in die hoogste raadsaal van die land plaasvind wat as voorbeeld vir alle Suid-Afrikaners moet dien, hoe kan daar van die publiek verwag word om die wette en die reëls van die land te gehoorsaam?

Die ANC en EFF moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie vandalistiese optrede in die parlement.

Die VF Plus kan hom nie assosieer met sulke omstandighede binne die parlement nie. Dit is ‘n verleentheid, en die VF Plus het daarom die raadsaal verlaat.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.