fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus spring in om dienste by tuiste vir haweloses weer aan te kry

Die VF Plus het onlangs ingespring om “Eagle Wings”, voorheen “Mooi Hawens”, ‘n tuiste vir haweloses in Riversdal, Midvaal, se water en elektrisiteit weer aangeskakel te kry.

Kobus Hofmann, VF Plus-raadslid in die Sedibeng-plaaslike munisipaliteit, sê ontevrede inwoners van die tuiste het die VF Plus genader nadat swak bestuur onder meer daartoe  gelei het dat water en elektrisiteit deur die Midvaal-munisipaliteit afgesny is en inwoners  vir ‘n lang tyd sonder basiese dienste moes klaarkom.

Na ‘n ondersoek deur die VF Plus het die stadsraad die water en elektrisiteitstoevoer weer aangesluit.

‘n Nuwe bestuur het intussen onder die naam “Eagle Wings” oorgeneem.

Hofmann sê die die VF Plus dring nou daarop aan dat hierdie aangeleentheid deeglik deur die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit ondersoek word ten einde te verseker dat die agterstallige skuld ingevorder word. 

"Die DA-raad moes nooit toegelaat het dat die skuld so ophoop nie en die betrokke amptenare moet tot verantwoording geroep word," sê Hofmann

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.