Die VF Plus moedig die publiek aan om van die Tshwane-metroraad se fluitjieblaas-geleentheid gebruik te maak om korrupsie en bedrog uit te roei.
Hierdie deelname-proses is ‘n bewys van die metroraad se vasberadenheid om enige ongerymdhede te ontbloot wat afbreuk doen aan goeie, effektiewe, verantwoordbare en deursigtige bestuur.
Die koalisieregering van die Tshwane-metroraad, waarvan die VF Plus deel is, het besluit om nuwe lewe in die fluitjieblaas-proses te blaas om sy toewyding en vasberadenheid te toon met die uitroei van korrupsie.
Alle inligting sal as vertroulik behandel word in ooreenstemming met die Wet op Beskermde Bekendmakings.
Aangemelde bewerings sal deur die metro se forensiese ondersoekeenheid behandel word.
Die publiek kan ‘n e-pos stuur aan ronanldma@tshwane.gov.za of dirangm@tshwane.gov.za of die toegewysde nommer 080 874 9263 skakel.
Navrae: 072 815 4053